Oefen en Speel met Zippy – Kwartaal 2 Afrikaans

Oefen en Speel met Zippy – Kwartaal 2 Afrikaans

Zippy is so opgewonde om te sien hoe goed Suid-Afrika in die Statebondspele in Australië vaar, en kan amper niewag vir die Sokker Wêreldbeker nie wat in Junie in Rusland plaasvind. Dit motiveer ons sommer om aktief te raak op die maat van musiek die kwartaal. Ons lesse gaan propvol opwindende musiekspeletjies wees wat ons grootmotoriese, fynmotoriese, luister, sosiale en emosionele vaardighede gaan ontwikkel. MAATSLAG en RITME is die termyn se hooffokus terwyl ons beweeg en speel op die tempo van ‘n verskeidenheid instrumente. Ons leer ook meer van Kodaly se handtekens en oefen ons sangstemme terwyl ons die toonhoogtes leer.

Ons focus op die volgende konsepte die kwartaal:

  • Eggosang
  • Lidspel
  • Maatslag
  • Ritme
  • Nootwaardes

Wat maak Junior Jive Uniek?

 
Ons Junior Jive span is Musiekspesialiste met ‘n passie vir die opvoeding van jou kind. Elke lessie is nie net pret nie, maar fokus ook spesifiek om musiek en beweging as gereedskap te gebruik om geheelbreinontwikkeling aan te wakker. JUNIOR JIVE IS ‘n KURRIKULUM VIR KINDERS VAN ALLE VAARDIGHEDE.

Share this post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *